September 3rd, 2010

Who knows EVERYTHING?

In answer to Hawking’s conclusions:

 

 

 

 

Shall any teach God knowledge?

 

Seeing He judgeth those who are high….

 

Job 21.22 (KJV)

 

 

 

 

 

 

The “religious” indeed have a vast treasure of knowledge

 

in the LORD

 

for He is the Most High

 

and when nothing is left of man

 

and the shaky products of his imagination,

 

the Living God,

 

who He really is,

 

and

 

that He  has indeed accomplished EVERYTHING

 

will still be around!

 

 

 

 

August 31st, 2010

THE BLESSING OF GOD…..


Blessed is he

who considers the poor:

the LORD

will deliver him

in time of trouble

Psalm 41.1

 

 

 

August 24th, 2010

Hoe Glo Jy?

(Note to our English readers :   This article will be translated ASAP).

 

 

Hoe of wat glo jy?

 

Hierdie vraag is net so algemeen soos om te wil weet hoe oud iemand is en waar hy bly. Maar as ons eerlik wil wees, is daar meer verbonde aan “Hoe glo jy?” as om navraag te wil doen oor iemand se ouderdom. Oorgelewerde geloof en geloofsbelydenisse is vanselfsprekend baie meer kompleks omrede dit uit onderskeidende kenmerke bestaan maar wel nie net onderskeidende kenmerke op `n gegewe tydstip in die geskiedenis van die Christendom nie. Ons kan dit dan met ander woorde nie net tot die post-apostoliese era en die Reformasie beperk nie.

Laasgenoemde sal dan noodwendig spesifieke tendense en ontwikkelingspatrone binne die breë liggaam van Jesus wesentlik raak en wat, as ons enigsins objektiwiteit wil behou, ons natuurlik uitbring by konsepte soos vernuwing, reoriëntasie van gewoontevormende belydenisse en voorskrifte, naamlik dit wat  veral voor die Reformasie in plek was  en wat uit die aard van die saak dan gevestigde kerklike (Katolieke) belydenisse en voorskrifte sou geraak het. Dit het dan noodwendig  tot herinterpretasie van die Skrifte gelei. Of hoe anders sou `n nuwe era in die Kerkgeskiedenis dan aangebreek het?

So het die baie belangrike mylpaal in die Kerkgeskiedenis, naamlik die Reformasie, toe in plek geval. Niemand kan tog ontken dat die Reformasie ou bakens deur nuwe denkpatrone permanent verkuif het nie. En ons kan dan seker ook redeneer dat die kenmerkende eienskappe van die Reformasie in sy hergedefinieerde denkpatrone na vore getree het en wat gevolglik weer  nuwe doktrines en dogmatiese persepsies sou geraak het.

Waarmee die belangrike Protestantse Reformiste soos Zwingli, Luther, en Calvyn dan eintlik vorendag gekom het was hulle propagering van daadwerklike distansiëring van Roomse afvalligheid - en wat natuurlik niks anders was nie as `n ingrypende kerklike skeuring - en `n terugkeer na dit wat dan die vroegste Christendom, naamlik die eerste eeuse apostoliese gemeentes of ekklesia, sou gekenmerk het. Hoe anders sou so `n skeuring of uittrede uit “een algemene Kerk” dan ooit regverdig kon word?

Tog weet ons, en veral uit hoofde van verwikkelings en ontwikkeling wat toe in plek geval het binne die Protestantisme en die Anabaptistiese sektore, dat die groot Reformiste inderwaarheid nie kan aanspraak maak op `n totale terugswaai na die eerste eeuse kerklike beleid en belydenisse nie! Of, beter gestel, daar kan wel hierop aanspraak gemaak word maar dan sal sodanige aanvaarding vanselfsprekend op eienskaplike kerklike uitsprake berus en dit is iets wat natuurlik op sy beurt weer op spesifieke onderskeidende kenmerke berus. Dit bring ons natuurlik op die ou einde uit by wat ons sal kan beskryf as kerklike dogma en kerklike doktrine (leerstelling). Doktrine en dogma, hoewel nie identies nie, oorvleuel dan altyd maar dogma het veral betrekking op `n betrokke kerk of kerkgroep se spesifieke (eiesoortige) belydenisse.

In die verlede was “sekte” `n onderskeidende etiket wat die Protestante graag aan die “Wederdopers” gekoppel het. “Sekte” is natuurlik niks anders nie as `n “skool” wat, soos in die tyd van die apostels van Jesus, byvoorbeeld die “sekte van die Nasaréners” gekenmerk het - of liewer wat die apostels van Jesus en hulle volgelinge betref, dan spesifiek Jesus van Nasaret se volgelinge sou behels - en die apostel Paulus getuig natuurlik van homself en sy besondere lidmaatskap voor Felix, naamlik “…dat ek volgens die Weg wat hulle sekte noem, so die God van my vaders dien…” (Hand. 24.14).

Maar die groot vraag is: Was onderskeidende kenmerke en doktrine (leerstelling) ooit aan die eerste eeuse Kerk gekoppel, en was die bedoeling ooit dat hierdie besondere onderskeidende kenmerke van geslag tot geslag oorgedra moes word? Met ander woorde het Jesus ooit met die stigting van Sy Kerk op aarde en natuurlik deur Sy heilige apostels as grondleggers daarvan, bedoel dat Sy Liggaam aan spesifieke (onderskeidende) kenmerke geken sou word? Inderdaad!

Sodanige afleiding kan ons tog met vertroue maak, naamlik uit Jesus se persoonlike onderrig aan Sy apostels, die aanstelling van Petrus om Sy skape te lei, en natuurlik Petrus se belangrike, implisiete verklaring op Pinksterdag dat die belofte van geslag tot geslag sou wees. Hand. 2.38 : “Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is” - laasgenoemde dui tog nie op afstand nie maar op almal wat dan sou inkom. En dit is dan van geslag tot geslag, anders sou Paulus se verklaring aan die Hebreërs (13.8) dat Jesus gister, vandag en tot in ewigheid dieselfde is, eintlik misleidend wees, nie waar nie?

Wat sou Jesus se bedoeling dan gewees het met sy persoonlike bekendmaking van die evangelie aan Paulus (Gal. 1.12)? En was dit nie die rede waarom hierdie apostel desnoods met die apostels in Jerusalem kontak gemaak het nie (Gal. 1.17; Gal.2.1)? En waarom sou die baie vername leraar van die vroegste Kerk, die apostel Paulus, dan spesifieke riglyne neergelê het vir gehoorsaamheid aan apostoliese voorskrifte en wat hy dan direk van Jesus ontvang het, as onderskeidende kenmerke met betrekking tot die Christelike belydenisse, dan nie inderdaad van meet af `n wesentlike faktor was nie (1 Kor. 15.1-2)?

Om hierdie rede skryf hierdie apostel wie dan baie duidelik dieselfde geloofsbelydenisse as die Jersualem-apostels verkondig het - sy belydenisse het inderdaad die ander apostels se geloof in Christus en belydenisse aangaande Hom en Sy boodskap onderskryf,  naamlik aangaande die doop, die wederkoms, die geboorte van Jesus, Sy aardse sending, Sy kruisiging, Sy opstanding uit die dood en opvaring, Sy wederkoms, vergiffenis van sonde deur die bloedoffer van Jesus, die ontvangs van die Heilige Gees as vervulling van die belofte, sondebelydenis, wedergeboorte, gehoorsaamheid aan God en Sy voorgeskrewe Woord wat veral op die Ou Testament gegrond was en natuurlik alles met Jesus, Seun van God, as sentrale tema - aan die Efésiërs dat daar net een Here, een geloof en een doop is (4.5).

En dit was die onderskeidende kenmerk/kenteken van die ware Kerk van Jesus deur die eeue heen. Almal wat dan vashou aan die leerstellings (doktrine of leringe) wat die eerste eeuse Kerk via die apostels van Jesus ontvang het, sal dan ook vashou aan een gemeenskaplike eerste eeuse apostoliese geloofsbelydenis, dit is  in al sy (Nuwe Testamentiese) onderskeidende fasette. Maar wel  nie hier bedoelend dit wat via Rome en selfs deur die Protestantisme deur herinterpretasie (!) tot ons gekom het nie maar soos wat die apostels dit aan hulle gemeentes oorgelewer het. En dit sou dan inderdaad “van geslag tot geslag” wees (v. Jud.v3; Hand. 2.38-39).

Wat God dan wel deur die eeue heen bewerkstellig het, was vernuwing: Hyself het deur Sy Gees vernuwing gebring toe waarheid só verdraai en aangepas was, dat dit wat op die ou einde oorgebly het eintlik net geestelike dood aan die gang gehou het. Die Lig van die vroegste Christelike geloofsbelydenisse en toepassing van geloofsnorme het dan inderdaad geleidelik deurbreek en wat ons vandag byvoorbeeld ervaar as aanpassing binne kerklike geledere, is eintlik maar God se Gees wat nogsteeds aan die werk is en veral via die latere Herlewingsbewegings wat die Almagtige aan die gang gesit het.

Sedertdien het eerste eeuse apostoliese waarheid meer en meer deurgebreek. En God is nogsteeds besig om dit wat die eerste eeuse Kerk gekenmerk het openbaar te maak. Tog is daar nogsteeds `n sentrale tendens binne die Liggaam van Christus wat dood eenvoudig aanvaar dat die meerderheidstem in die Kerk van Jesus die stem van waarheid is! En heel eienaardig lê God `n riglyn in die Torah neer dat Israel nooit die meerheid moes navolg nie.

Maar min dinge kan so onbuigsaam wees as konsepte deur belangrike kerklikes geskep. Verset teen verandering, ook op doktrinale gebied, is dan nog so sterk omrede kerklike dogma dit aan die gang hou as “eeue-oue absolute waarheid”. En om hierdie rede sal diegene wat dit wil waag om die balans enigsins te wil versteur deur herinterpretasie, gou `n “regte” interpretasieklap kry en, ironies, gebaseer op niks anders nie as gevestigde dogmatiese interpretasie!

God moes dus nie alleenlik doktrinale waarheid herstel deur die eeue heen nie, maar Hy moes Homself ook opnuut aan “die wat daar ver is” oor en oor bewys het as die lewende, verrese Jesus. Dit was natuurlik die skerpsinnige apostel Paulus wat nie nagelaat het om ons aandag in sy briewe te vestig op  “gesonde” en “ongesonde” leringe (doktrine). Dit spreek tog vanself dat hy die gevare van herinterpretasie alreeds in sy tyd maar  alte goed raakgesien het.

Die onderskeidende kenmerk van die ware Kerk van Jesus is en sal vir altyd dan dit wat die apostels van Jesus ontvang en uitgedra het bly! En dit vat die apostel Paulus weereens op sy besondere, kortbondige wyse saam, naamlik: “Daar is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping; een Here, een geloof, een doop” (Ef. 4.4-5).

En omrede daar nie gehou was by hierdie apostoliese waarheid nie, behoort ons alles in ons vermoë te doen om terug te keer na daardie geloof wat eenmaal aan ons oorgelewer was (Jud.v3). Anders loop ons gevaar om ons eie misleidende interpretasie van die Skrifte in die mond van opregte volgelinge van Jesus wat graag waarheid wil hoor, te lê!

 

In samevatting:

Wat ons onsself dan kan afvra is: “Was die doop ooit bedoel om `n onderskeidende eienskap van die Kerk van Jesus te wees?” Waarop daar natuurlik `n besliste “Ja” kan volg, alhoewel nie uitsluitlik nie. Met ander woorde, ons kan nie net aanvaar dat ons die ewige lewe sal beërwe deur om ons net te laat doop sonder om ook aan die ander apostoliese voorskrifte (belydenisse) te voldoen nie. Maar wat wel `n onderskeidende kenmerk van die eerste eeuse apostoliese gemeentes was, was die wyse waarop die doop beoefen was, naamlik deur onderdompeling in die Naam van Jesus (Hand. 2.38). Waarom was en bly hierdie Naam in die doop dan belangrik? Omrede die sondevergiffenis wat onder die Ou Verbond aan diereoffers gekoppel was, en in die Nuwe Verbond in en deur die gekruisigde liggaam van Jesus tot volheid gebring was, ook aan die goddelike Naam gekoppel was. Hoe weet ons dit met sekerheid?

As ons sou teruggaan na Eks. 23.21, behoort ons ag te slaan op God se opdrag aan Israel, naamlik, “Neem jou in ag vir Hom – die Engel wat God in vers 20 voor Israel uitstuur – en luister na sy stem; wees nie wederstrewig teen Hom nie; want Hy sal julle oortreding (sondes) nie vergewe nie, want my Naam is in Hom”. Israel se oortredinge (sondes) sou gevolglik nie net op die woord van God kwytgeskeld kon word nie, maar vergiffenis/versoening tussen God en mens sou aanvanklik deur `n bloedoffer (van diere) moes gaan - `n ewige insetting aan God se Verbondsvolk voorgehou! En dit is hierdie onvolmaakte offer wat dan ook in die Nuwe Testament onverganklik op dieselfde Een oorgegaan het, naamlik daardie Een wie op Yom Kippur die bloedoffer seremonieel uit die hand van die Hoëpriester in ontvangs geneem het! (v. Eks. 29; Eks. 30.6; Eks. 25.21-22; Heb. 5; Heb. 7). Dit is ook dieselfde Een wat in die braambos aan Moses verskyn het met daardie woordbeskrywing wat die (verborge) heilige Naam van God onderlê, naamlik “Ek is wat Ek is” (Eks. 3.14).

Omrede Jesus die Christus dan in die vlees gekom het om Sy lewe af te lê teneinde die gevalle mens te kon red, word ons volgens die eerste eeuse apostoliese belydenisse (!) in Sy Naam gedoop, en as ons dan in die watergraf ingaan, word ons nie deur die water geestelik gereinig nie – alhoewel ons hele liggaam deur die water bedek is net soos wat Christus se hele liggaam aan die kruis met Sy bloed bevlek was, dit is terwyl die Naam van Jesus oor ons uitgeroep word. Ons word dan deur die noem/oordrag van die Naam van Jesus tydens ons doop aan Sy ewige bloedoffer gekoppel (Rom. 6.4).

Om hierdie rede kon Petrus op Pinksterdag verklaar: “Laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes….” (Hand. 2.38, Die Bybel in Afrikaans, vierde uitgawe (naslaan) 1957). Die Naam wat God die Vader dan onder die Nuwe Verbondbedeling verhoog het, word juis op ons gelê in die doop om ons van geslag tot geslag daaraan te herinner dat dit die lewe van Jesus aan die kruis gekos het om in hierdie goddelike voorreg te kan deelneem (v. Num.6.24-27; Fil. 2.7-11; Ef. 1.20-23; 1 Kor. 6.11; Kol.3.17).

En dit was dan die onderskeidende kenmerk in die lewens van die vroegste Christene, en dit maak gevolglik die doop baie spesiaal. Dit is met ander woorde `n noodsaaklike vereiste in ons geloofsbelydenisse as ons ten minste Skrifgebonde wil bly. Dit was tog baie duidelik God se bedoeling dat hierdie doopwyse, naamlik in die Naam van Sy Seun wat wesentlik met “verlossing/redding” en “salwing” verband hou (Heb. Yeshuah), van geslag tot geslag oorgedra sou moes word (Ef. 4.5). 

Nogtans was die onderskeidende kenmerke van hierdie doop deur geestelikes wat die Kerk ná die dood van die apostels van Jesus gelei het, eiesinnig herinterpreteer. En dit is dan ook geen wonder dat hierdie kardinale geloofsbelydenis toe onderhandelbaar geword het sodat ons vandag tereg met `n hele paar doopwyses kennis maak!

Maar was dit veronderstel om ooit die geval te wees? En veral met die huidige opset in gedagte en waar migrasie binne kerkgeledere juis aan die orde van die dag is soos nooit vantevore nie – om van kerk tot kerk te beweeg en nuwe beleid en belydenisse dan soveel makliker te akkommodeer - is hierdie seker die eerste belydenis wat baie vinnig gerasionaliseer sal word. Om dan saam met nuwe openbarings en tendense voort te beweeg, vind dan ook volskaals plaas onder die veelkleurige sambreel van “verdraagsaamheid”. Maar is dit die tipe waarheid wat God tot openbaring bring?

Daar is natuurlik, benewens doktrinale onderskeidende kenmerke, ook moreel-etiese gedragsvoorskrifte wat van meet af as onderskeidende kenmerke in die Christen se lewe beskou kan word, naamlik die vrugte van die Gees. En dan was daar verder ook onderskeidende kenmerke op gemeentelike vlak en waaraan die vroegste Christene geken sou kon word soos `n meelewende, vrye godsdiensbeoefening. En dit is iets wat natuurlik veral gemeentelike deelname en die beoefening van die Geesgawes (op gemeentelike vlak) onderlê het (2 Kor. 3.17; 2. Kor. 5.13; 1 Kor. 14.26; Gal.5; 1 Kor. 6.12+; Kol. 3). En as ons nog so `n bietjie verder wil gaan, was voorkoms (kleredrag en gedragsvoorskrifte) ook kenmerkende eienskappe omrede die Christen op sigself `n onderskeidende rol in die wêreld moes vertolk het!

Maar aanpassings op al hierdie terreine was dan ook periodiek gemaak en gevolglik behoort ons `n pleidooi vir terugswaai na eerste eeuse kerklike waardes en belydenisse inderdaad as herontdekte, goddelik geïnspireerde waarheid te beskou want die apostel Paulus verklaar tog baie duidelik dat daar maar een fondament gelê was en dat almal wat op hierdie fondament sou bou (die geestelike leierskap wat veronderstel is om rigting aan die Christendom te gee) verplig is om toe te sien hoedanig daar op hierdie reedsgelegde fondasie gebou word! (v. 1 Kor. 3.9-15).

 

 

Ester Blomerus

Aug. 2010 - hersien 26 Aug. 2010  - 

`n Podcast-lering oor die heilige Naam van God sal later in hierdie jaar  deur skrywer gepubliseer word. Let intussen daarop dat daar glad nie met die verwysing na “Yeshuah” enigsins gepropageer word dat daar net in die Hebreeuse naam gedoop moet word nie.

 

Wil jy meer weet oor wat met die  Christelike geloofsbelydenisse gebeur het asook hoedanig eksterne invloede  `n  impak daarop  gemaak het?  Gaan gerus na Online Bookstore vir Ester Blomerus se reeks boeke, Die Christelike Geloof, Sy Grondslag en Ontplooiing.

 

August 19th, 2010

WAT GOD VAN ONS VERLANG!

WAT GOD VAN ONS VERLANG!

Ware liefde is om NOOIT jou vyande kwaad toe te wens nie. Om nie kwaad met kwaad te vergeld nie. Om nie medechristene valslik te beskuldig nie. Om haastige gevolgtrekkings te maak oor ander sonder bewyse en om valse getuies aan jou kant te kry asof die waarheid in hulle is. Dit is niks anders nie as ongeregtige ondergrawery en met die doel om jou eie saak te bevorder ten koste van `n onskuldige persoon se lewe. Om nie jou eie naam óf dié van jou kerk hoër te ag as waarheid nie.

Dit is belangrik om `n goeie naam by God te hê! Wat help dit om iemand anders se naam deur die modder te sleep net om jou eie doel te bereik? Wat gaan JY eendag voor Jesus te sê hê oor hierdie tipe onchristelike optrede? Wat sal dit tog help om onskuldigde Christene te beswadder? As hulle lewens reg is met God, SAL hulle in elk geval hemel toe gaan maar `n beswadderaar, wat sê die Woord van God daaroor? Ek wil eerder `n goeie naam by Jesus hê. En jy?

Die Woord van die Here verklaar dat iemand wat sy broeder haat, wandel in die duisternis (1 Joh. 1.9). En dit kom daarop neer dat `n mens NIEMAND mag ondermyn nie, dit is om kwade gedagtes teen iemand van wie jy nie hou nie, te koester. Ook om niemand te vervloek of te verwens nie. Om nie `n steen of `n klip in iemand se pad te plaas nie, en om glad nie jaloers en afgunstig te wees nie.

`n Ware Christen moet gereeld vas. Deur vaste reinig die Here jou van jou eie ek en jy kom dan baie gou tot die besef dat jy net `n korreltjie sand voor die Here is. Kom ons tel ons woorde wat ons tot ander spreek want die Woord is duidelik : vir ELKE woord wat ons uitspreek, SAL ons verantwoording moet doen voor Jesus.

Baie Christene bedryf die okkulte teen mekaar. Wat `n boosheid! Enigiemand wat soiets doen, is niks anders nie as `n moordenaar want ongekende lyding en pyn word op iemand wat onskuldig is, gelê. Enigiemand wat sy broer of suster in die Here iets slegs toewens en dit op hierdie wyse aan hom/haar laat doen deur om raad in te win by okkultbedryweraars en hulle selfs vir hierdie tipe diens te betaal, staan skuldig by God en pleeg inderdaad moord!

Woorde dra ook geweldig krag en as jy woorde uitspreek in haat en venyn, wandel jy nie in die Lig nie! En Christus is Lig (Joh. 1). Dit is nie die liefde nie!

Dit help nie om `n naam by die mense te hê en jy het nie `n naam by die Here in die hemel nie. Met ander woorde, jy word deur die mense geken en erken maar nie deur God nie! Jesus sê, “Seën en moenie vervloek nie!” Wees nederig van gees! Vestig jou oë op die Here en nie op gunswerwing by mense nie! Seën jou vyande en waak teen selfregverdiging want hierdie euwel lei tot ongeregtige optrede wat nie strook met die goddellike liefde nie!

 

Karen Blomerus

Mosselbaai, RSA

Julie 2010

 

 

 

August 9th, 2010

SOUND AND UNSOUND DOCTRINE

SOUND AND UNSOUND DOCTRINE

 

This parallel is usually drawn by theologians and because we, on the whole, accept them as infallible authorities on the Word of God, we are apt to approach this subject with petty prejudice. We therefore identify so strongly with our spiritual significant others, that little leeway is left for an alternative standpoint. The majority would therefore easily accept that everything traditional is indeed spiritually healthy for us, whereas later revelations and doctrines on critical Biblical issues are nothing but unhealthy.

Now, although traditional theology, i.e. on basic foundational truths, have also been subject to adaptation and reinterpretation throughout the ages, what was laid down and passed on to us, have more or less remained as it was prescribed to us by the “infallible” gurus. Those who then still bide unwaveringly by, e.g., Sint Augustine’s declaration of the infallible (!) Trinitarian doctrine, Luther’s reintroduction of infant “baptism”, Zwingly’s strong stand against the speaking in tongues, Calvin’s predestination and vehemence against those who rejected mainline doctrine on the existence of God and His Christ, will then of course be the “sound teachers” whereas the ones openly rejecting them, will be ostracized . The aforementioned will then naturally be those marked as propagators of sound truth, i.e. in the eyes of the public, whilst those who have the guts to voice their opinion against traditional thought and practice – also of course following a particular tradition - will have to bare the brunt of “heretical teacher”.

Fact is, the majority always has the biggest say, yet the majority, just like those who bide by a minority viewpoint, will in the end have a price to pay. We therefore make choices, but we will be held accountable for our own decisions! However, and regardless our contemplations on this issue, we, on the whole, don’t want to feel ostracized or in any way “different”. And because we human beings naturally go along with the majority, we easily succumb to traditional or mainline doctrinal viewpoints. But what we must at least realize is that the price we may eventually have to pay, may be loss of eternity - eternal life with Christ and the saints -  for only those who follow Jesus “as the Scriptures says” will inherit. Only they will be counted worthy to share in the Kingdom of Jesus which will be thoroughly revealed at the public appearance (fanero in Greek) of our Lord Jesus (1 Thes. 4.16).

It is therefore necessary that every follower of Jesus will have to make a well considered decision, and that will of course be to opt for the only sound doctrine (!) that was passed on to us, namely via the apostles of Jesus. They were in fact taught by Jesus Himself and all of them sacrificed their lives for their cause (Acts 1; Gal. 1). They were therefore the true, authentic witnesses of what God requires of us. This is indeed virgin (sound) Truth! And this should be our guideline for they did not compromise the truth in order to adapt to their circumstances or to impress the majority around them. In fact, when they were confronted by false teachings (unsound doctrine), i.e. voiced against their one and only faith, they stood firmly for what they had received directly from Jesus.

The apostle Paul therefore clearly says in 1 Cor. 15.1-2 : “But, brothers – a statement that includes both sexes – I make known to you the gospel which I preached to you, which also you received, in which also you stand (2) by which also you are being kept safe – according to the KJV , “by which also ye are saved, if ye keep in memory what I preached unto you……”

 

Now, what, in a nutshell, did Paul, in union with the other apostles of Jesus preach?

 

  • He revered the Name of Jesus in everything he did, therefore also in baptism (Phil. 2.7-11; Col. 3.17)Paul spoke in tongues and he neither extinguished the Holy Spirit nor did he contempt prophecy – one of the nine Spirit Gifts (1 Cor. 14; 1 Cor. 12; 1 Thes. 5.19-20).

  • He further laid hands on the sick – a first-century apostolic tradition (Mark 16).

  • He worked miracles and drove out demons (Acts 19).

  • He never applied a Trinity to the Godhead else we would have had this particular wording (!) in his letters or the other apostolic letters (With the “Trinity” meaning a specific tradition per se, namely a statement of faith and it is very clearly the heart of the Roman Catholic doctrine). The Trinitarian doctrine therefore adopts a specific theological approach to and declaration of the Scriptures and the founders thereof belonged to the great post-apostolic Church (those who were then living after the apostles of Jesus but who were not the direct successors of the apostles as is generally accepted - ref. Acts 20.17+; 1 John 4; 2 Pet.2.1. In other words, they did not bide by the apostolic prescriptions as we are being made to believe.

  • Paul passed on the baptism in the Holy Spirit by the laying on of hands to Christians of all generations, else we may accept that the gospel of Jesus, also redemption, was only for the first century Church (Acts 19). Paul therefore, like Peter, believed in an ongoing (Heb. dor va dor) gospel (Acts 2.39 : “For the promise is unto you and to your children, and to all that are afar off, (even) as many as the Lord our God shall call (bringing this promise directly to us living in the millenium, else all Christians living today will lack Salvation!).

  • Paul approved  unknown tongues, i.e. tongues that need interpretation by the Holy Spirit and which are therefore not tongues spoken by mankind (i.e. the languages of the nations, then and now). Ref. 1 Cor. 14. He therefore did not forbid the speaking in tongues in the assemblies like the Roman Catholic and Protestant traditions – so-called mainline thought and practice – have been doing throughout the ages (1 Cor. 14.39).

 

The Living Gospel – the first-century apostolic tradition - therefore stands in direct opposition to the great post-apostolic traditions (Roman Catholic and Protestant) and although God did send a remarkable revival movement, i.e. reaching  across denominations in the late sixties/seventies,  the speaking in tongues are nowadays either sent to the closet (practised in private) or Christians are prescribed to “softly”, i.e. inaudibly, speak in tongues in the assemblies. Spoken tongues are  therefore downright banned from Christian gatherings, with the result that this has indeed become a general trend  today  among Pentecostals, even Charismatics. And it is indeed no wonder that  there are so many confessing Christians  who are openly showing their contempt for this once very important divine Gift!  Now why do we  still yearn for the presence of Jesus in the lives of people, and naturally  within the Christian gatherings, if what Jesus had died for, are scorned by those who so glibly talk about Him (all the nine Spirit Gifts – 1 Cor. 12; Acts 2.33)?

Modern-day Pentecostal Churches clearly have their own peculiar differences, i.e. among themselves, regarding this salient first-century issue and there are therefore many, as Paul indeed says, who are going about posing as enemies of Christ! Today a cry goes up for a new awakening, however, are we prepared to permit God to act within the assemblies as He indeed had done in the first century assemblies (the apostolic ekklesia)? It should be clear that the minute the “Living Gospel” was pushed on the periphery –  something that took place shortly after  the apostles had vanished from the scene - mainline tradition, as it is still propagated on the whole by theologians and especially tertiary institutions, quickly culminated in a deadly  form of godliness.

This type of  passive worship has indeed, and without a doubt, permanently fallen in place in the Christian assemblies and it is indeed an approach that  is wholeheartedly pursued by those who propagate so-called “sound” doctrine! Let us therefore be on the alert as our  Salvation is at stake here. Let us also not get carried away, i.e.  in our enlightened day and age,  even with established traditional thought and doctrines. Let us always be prepared to be led by the Spirit of God for Jesus will be the Judge  and no theologian! (Acts 10.42).

So what is the ultimate solution? Let those who have the guts to openly defy traditional so-called “healthy” doctrinal practice and thought, step aside with one united purpose, namely to seek the face of Jesus in earnest so that He can once again prove Himself as the risen Christ to His very own.

And let us simultaneously practise divine love, always remembering that love is patient, love is kind (1 Cor. 13). And what does this mean but to tolerate those who have a different viewpoint on especially intricate Godhead issues that have, right from the beginning, rent the Body of Jesus apart! Man is fallible in everything he does and only God then remains infallible.

 

Ester Blomerus - See writer’s Profile on the website

8 Aug. 2010 - edited on the same day

 

 

 

August 5th, 2010

Hear the Prophetic Word!

HEAR THE PROPHETIC WORD!

This morning, after our usual daily intercessory prayers, I received the following prophetic word from the Lord. The Lord has given me instruction, through a vessel of Him in July 2007, that He would reveal the prophetic word so that I could share it with His people. I therefore don’t want to be disobedient.

The prophetic word went as follows (A translation):

In the near future, winds will be loosened upon the face of the earth bringing about diseases for which no cure will be found. They will try to find solutions in their laboratories but it will be in vain, says the Lord – the Lord also briefly mentioned the Aids virus and we all know the current stand thereof. The prophetic word then continued: “Because”, says God Almighty, “they despise the Cross on which My Son has suffered and died in such agony, and especially concerning the works emanating from the Cross. They come together in their Church Council meetings to scornfully refer thereto (the Gifts) and to voice their contempt. Weak souls who still want to believe and who are desirous to obey God, this way stumble and fall (a stumbling block is being placed in the path of those who still want to believe and obey God). But the Lord will protect those who believe in Him and who trust Him, but earnest prayers will have to be said, says the Lord”. The Lord also instructed me to place this prophecy on the website to be read by those who may be interested.

I later shared this prophecy with a Spirit-filled child of God who said that the Lord had given her round about two weeks ago a similar prophetic word. Now we know that by the mouth of two or three witnesses every word shall stand (Math. 18.16).

Ester Blomerus

5 August 2010

Biblical texts in support of divine healing through the shed blood of Jesus : Isa 53; Ja. 5.13; Mark 16; Acts 5.15; Acts 4.10; Acts 5.12; John 14.12 And the promise was given to the early Church as well as to those who, like the first converts, still believe in the promise (manifestation) of the Holy Spirit (Acts 2.39). Also Acts 2.33; John 7.39; Acts 2.16-17; Acts 10.38.


 

The following Note was added : Jesus did not only work Salvation for us on the Cross but He also enabled us to benefit physically from His wonderful act of redemption (Isa 53).

 

Die profesie het in Afrikaans as volg uitgegaan:

In die nabye toekoms sal winde oor die aarde losgelaat word en hierdie winde is siektetoestande waarvoor daar geen geneesmiddels gevind sal word nie” – die Here het ook in die verbygaan na die Vigsvirus verwys en ons weet almal die huidige stand van sake. “In hulle laboratoriums sal hulle geen teenmiddels kan vind tot genesing nie”. Die profetiese woord het daarna gelui: “God die Vader is ontroerd omdat hulle die Kruis waaraan Sy Seun so smartlik gely en gesterwe het verag, en veral die werke wat daaruit voortvloei. Hulle kom bymekaar in hulle kerkraadsvergaderings om daaroor die spot te dryf en om dit te verkleineer. Swak siele wat nog wil glo en wat gehoorsaam aan die Here wil wees, word tot struikeling gebring.” Die Here het daarop verklaar dat Hy almal wat in Hom glo en op Hom vertrou, sal beskerm maar daar sal waarlikwaar gebid moet word. Die Here het ook verklaar dat hierdie profetiese woord op die webwerf geplaas moet word om gelees te kan word.

Ek het hierdie profesie daarna gedeel met `n Geesvervulde kind van God wat verklaar het dat sy ongeveer twee weke gelede dieselfde woord van die Here ontvang het. So, uit die mond van twee of drie getuies sal elke woord vasstaan (Mat. 18.16).

 

5 Augustus 2010

 

August 4th, 2010

IS TALESPRAAK VAN GOD?

PITKOS VIR DAARDIE CHRISTEN WAT BYBELWAARHEID WIL GLO!

 

Is talespraak Bybels?

Is talespraak iets van die verlede?

Is talespraak die toerus met tale vanuit die nasies?

Is die Nuwe Testament nogsteeds van krag?

 

Daar is `n neiging by die gemiddelde Christen om òf beïndruk òf bedreig te voel sodra `n teoloog stellings oor die Bybel maak en veral as kritiek uitgedeel word. Wat ons egter behoort te besef is dat daar van meet af `n aanslag teen apostoliese waarheid was, naamlik dit wat tot ons beskikking is in die Nuwe Testament. Ek kan hier `n verslag skryf oor hierdie aanslag maar kom ons bepaal ons by kerngedagtes en veral grondwaarheid wat maar gedurigdeur onder die vergrootglas geplaas sal word.

Ek het gedurende die afgelope paar dae onder andere `n artikel in my posbus ontvang wat die ou geykte Rooms-Katolieke/Protestantse sienswyse handhaaf, naamlik dat talespraak eintlik maar net in die Bovertrek plaasgevind het (Hand. 2), of dan in die tyd van die apostels – laasgenoemde twee standpunte word deur verskillende Protestantse kerke gehandhaaf. Ek het alreeds hierdie saak, naamlik die agtergrondgeskiedenis en tendense vanuit die verlede, in my boekreeks wat op die webwerf aangebied word behandel. Ek is ook besig om puntsgewys op sekere stellings te antwoord en hoop om dan spoedig verder te gaan as dit wat in hierdie aflewering vermeld word. Die ontvangs van die Heilige Gees is juis dit waarvoor Jesus gely en gesterwe het! (Hand. 2.33). Ongelukkig moet ek weens `n drukprogram dit so `n klein bietjie agterweë hou, maar wat ek graag sal wil noem, is dat talespraak, soos die doop, beslis nie net vir die apostels van Jesus bedoel was nie. En die idee dat talespraak die dopeling in staat gestel het om die evangelie te kon verkondig in die tale wat in die tyd van die apostels en natuurlik ook die post-apostoliese era gepraat was, trek beslis nie water nie. Sou dit wel die geval gewees het, kan mens net wonder waarom hierdie bonatuurlike “gawe” dan skielik saam met die apostels van Jesus en hulle direkte volgelinge uitgefaseer het.

Om dan voor te gee dat toerus/bekleding met talespraak uit die hoogte die vroegste Christene sou gehelp het om oor taalgrense heen te kommunikeer, is belaglik. Om verder te wil voorgee dat “Krag uit die Hoogte” niks met talespraak te make het nie, is om onkunde te verkondig want om waaragtig met die Gees van God vervuld te word, is beslis `n Krag van God wat nie deur die mens of deur menslike emosie geïnduseer kan word nie (Hand. 1.8). Daar is net eenvoudig genoegsame bewys dat hierdie Nuwe Verbond-belofte so uitermatig kragtig was dat selfs Simon die Towenaar dit begeer het! (Hand. 8).

Ja, daar is wel nabootsings van goddellike talespraak, net soos wat daar ook nabootsing van profesie bestaan – pseudoprofesie of valse profesie. En ons kan beslis die lys langer maak en dan ook die lyn deurtrek na uitleg/leringe van die Skrifte omrede ons inderdaad oorgelewerde kennis wat uit God is het teenoor kennis vanuit die mensdom : dit is kennis wat mens deur boeke en selfs akademiese onderrig ontvang maar wat nie altyd Skrifverantwoordbaar is nie. Neem Paulus as voorbeeld: Hy het gedink sy boodskap is die totale uitdrukking van God se volmaakte wil, maar selfs hy moes dit wat hy geleer het en uit sy tradisie ontvang het, prysgee terwille van goddellike kennis deur die Heilige Gees gedrewe. Jesus se lyde, sterwe en opstanding het beslis `n totaal nuwe boodskap aan `n verloregaande wêreld ingelui!

Dit sou dan, soos wat dit so dikwels aangevoer word en selfs komend van “grootdopers” wat nie in talespraak glo nie, daardie tipe wat uitgegaan het om te evangeliseer, dit is buite die grense van Jerusalem en Palestina, in staat gestel het om skielik en wonder-bo-wonder vlot Grieks, Aramees, Kopties, Siries, Persies, ensovoorts, te kon praat! Ewe skielik sou hulle dan die eweknieë kon wees van daardie taalkundiges wat baie hard moes swoeg en sweet net om, soos Sint Irenaeus, byvoorbeeld Spaans te kon praat alvorens hulle kon uitgaan om onder die nasies te gaan evangeliseer. Hierdie tipe naïewe benadering is beslis wensdenkery want daar was beslis Jode wat onder die apostels beland het – dit is op Pinksterdag – en wie dan bekend sou wees met evangelisasie. Evangelisasie het dan nie by die Christendom `n aanvang geneem nie maar die Essene en die Fariseërs het hulle juis toegelê op bekering van nie-Jode (proseliete). Seevaart was in antieke Israel beoefen en hierdie tipe handel het beslis `n behoefte geskep aan meertaligheid.

Mens kan jouself maar net afvra, logies gesproke, hoe Cornelius, `n Italianer, byvoorbeeld met Petrus, `n Jood van Galiléa, gekommunikeer het. Wie was wat magtig? Ons kan, en weereens logies gesproke, aanvaar dat Cornelius benewens Latyn, Grieks sou kon praat het of dalk Grieks sowel as Aramees wat Petrus na bewering dan, soos Jesus ook sou kon gepraat het. Maar ons behoort byvoorbeeld nie net te aanvaar dat Petrus glad nie vertroud was met Grieks nie want Galiléa was juis `n kosmopolitiese landstreek. Die kwessie is wel: hoe goed sou byvoorbeeld hierdie twee betrokkenes Grieks kon gepraat het, of dan die ander persoon se moedertaal? Dit word al lankal aanvaar dat die apostels nie so agterlik was as wat soms nogsteeds aangevoer word nie. Grieks was juis `n taal wat deur baie, en veral diegene wat afgerond wou wees, as `n bate beskou was, net soos wat Engels vandag nie meer as `n “lastige” tweede taal beskou kan word vir `n Afrikaanssprekende nie.

Die punt wat dan hier gemaak word, is dat daardie dissipels wat ná Stefanus se steniging uitwaarts begin beweeg het, naamlik om buite die grense van Jerusalem en Palestina te gaan evangeliseer, dit alleerstens onder die Jode gedoen het. Waarom? Nie omdat die Jode dan Aramees, Grieks en Hebreeus magtig sou wees nie – almal sou beslis ook nie in dieselfde mate hierdie tale bemeester het nie net soos wat dit vandag ook maar gaan - maar omrede Christus ten eerste vir die Jode gekom het, naamlik die verlore skape van Israel. En hierdie “verlore” skape was beslis onder die nasies versprei – die diaspora Jode. Hulle sou ook vertroud gewees het met die Wet van Moses, die Messiaanse verwagting, en met die jaarlikse Yom Kippur en die verpligte opkoms na Jerusalem toe tydens die Pase, sou baie van hulle ook geweet het van die kruisiging van Jesus. Al het net soveel Jode Christus ook verwerp.

Jakobus verwys byvoorbeeld in Lukas se Handelinge-geskrif na “duisende” Jode wat op die punt gestaan het om Christus aan te neem. Nou, ek wil nie verder hierop ingaan nie, want dan sal ek noodwendig wyer moet gaan as die apostoliese gemeentes per se want Joodse afvallige sektes was volop in die eerste eeu (C.E.) en wat ons natuurlik weer by die Essene, die Ebioniete en die Joodse gnostiese sektes uitbring. Feit is, die evangelie was aanvanklik onder die Jodendom versprei en die tale wat onder hierdie sektor in swang was, sou dan toeganklik gewees het vir sekere van die dissipels en wie dan, logies gesproke, in staat sou gewees het om spesifieke/besondere faksies onder hierdie sektor te kon betrek. Ons kan maar net dink aan die Nuwe Testamentiese briewe en hulle impak wat nie gemaak sou kon gewees het sonder die baie belangrike deurslaggewende Griekse taal nie.

Die indruk wat dan geskep word dat die vroegste Christelike gemeentes die nasies se tale gepraat het, dit is so op die aard van `n gemeentelike oefenlopie – naamlik waar Paulus spesifiek `n opdrag gee, “Verhinder nie om in tale te spreek nie” (1 Kor. 14.39) - is niks anders nie as `n aanname en `n interpretasie wat beslis verwerp kan word. Dit is met ander woorde sinloos en hierdie tipe verklaring word beslis aangewend om `n kerklike standpunt te bevorder. Daar word dan ook baie gou aangevoer dat die “talesprekers” nie wil hoor nie! Met ander woorde hulle wil nie na hierdie tipe belaglike verklaring luister nie. Maar wie wil, per slot van sake, notisie neem van hierdie tipe verklaring wat ek nie eens aan `n intelligente kleuter sal oordra nie, wat nog te sê aan volwasse Christene wat tog alte goed weet dat die Nuwe Testament geskrywe was vir die hele Kerk van Jesus, met ander woorde van A-Z en wat dan as fondasie kan en sal dien vanaf die eerstelinge (die eerste bekeerdes en volgelinge van Jesus) tot by die wederkoms van Jesus.

Sodra ons die Bybel, soos onder andere die wegbereider, naamlik die Rooms-Katolieke Kerkvaders, verdeel in “daardie” tyd en latere eras, maak ons Jesus niks anders nie as `n historiese Jesus. Ons kan dan net sowel die hele Bybel so histories maak dat ons die doop, die nagmaal, kortom die gemeentelike byeenkoms, ook iets van die verlede maak. Waarom die diensorde rondom die apostoliese belydenisse sentreer, maar die wat saamkom in die Naam van die Here (!) weier om die uiters belangrike doping met die Heilige Gees te aanvaar in plaas daarvan om dit totaal-en-al, en veral op gemeentelike vlak, uit te faseer - en wat ook net op een wyse kan plaasvind as ons dit enigsins Bybels wil maak, naamlik deur die spreking in “vreemde” tale (v. 1 Kor. 14.2).

NOTA :   Ek vra verskoning want die bewoording is soos hierbo gestel.

Ek wil ook hier noem dat “ander tale” eerder beskou behoort te word as die tale vanuit die nasies, met ander woorde tale wat ons kan aanleer, teenoor “vreemde” tale wat deur God se Gees ingegee word. Moontlik sal dit die verwarring wat bestaan grootliks uitskakel. Waar Paulus ook verklaar dat “nie almal praat in tale nie” is dit tog baie duidelik dat hy talespraak as gawe bedoel en wat nie een en elk wat gedoop word met die Heilige Gees dan ontvang nie. Die fout wat sedert die koms van die Chrismatiese herlewing gemaak was, was grootliks omrede elkeen noodwendig in tale moes spreek! Dit is ná hulle doping met die Gees van God. En talespraak kan ook nie aangeleer word nie en dit kan ook nie aan die kandidaat voorgesê word nie want dit is `n onding wat uitgeroei behoort te word (een wat kom vir handoplegging vir die doping met die Heilige Gees – v. Hand. 19). Satan weet of jy eg met die Gees van God gedoop is of nie en omrede satan altyd in konflik met God se saak sal gaan, behoort ons onsself des te meer paraat te maak AS ons onsself enigsins dissipels van Jesus wil noem! Kyk net hoe het Paulus met die valse seuns van Skefa gehandel (Hand. 19).

Ongelukkig word die Pauliniese lering oor talespraak totaal-en-al uit verband geruk (1 Kor. 14) en glo my, kennis van die grondteks, naamlik Grieks of dan in watter Nuwe Testamentiese vertaling ookal geskrywe, kan nie dit wat Paulus se boodskap onderlê, naamlik om talespraak funksioneel aan te wend, ooit tot niet maak nie. Feit is die apostel het die Korinthiërs wat net op talespraak gefokus het, geleer hoe om dit tot opbou van die gemeente aan te wend. Hy het dit baie duidelik op gemeentelike vlak toegelaat, naamlik die onverstaanbare glossalaia (taal/dialek) omrede God satan net op sy vlak, naamlik in die geestesfeer kan en sal ontmoet! Gevolglik Paulus se opdrag in 1 Kor. 14.39 : “Verhinder nie om in tale te spreek nie” en wat dan niks met tale van mense te make het nie omrede ons met Krag van God te make het sodra dit by ware Geesvervulling kom. Ons kan maar net weer kyk na 1 Kor. 14.4, “Hy wat in `n taal spreek, stig homself”, om dit wel toepaslik te maak op talespraak in die Pentekostalistiese tradisie - God het `n herlewingsbeweging wat oor kerkgrense gegaan het veral in 1901 en 1904 gestuur wat weer die eerste eeuse talespraak op gemeentelike vlak herstel het maar dit was dan nie asof dit nie alreeds in die tyd van Calvyn ook gemanifesteer het onder sekere Anabaptiste nie – wees versigtig om nie alles wat Calvyn kwytgeraak het as Waarheid te sluk nie! Alle Anabaptiste was nie duiwels of spiritiste nie! Verwys ook na 1 Kor. 2.13-15 waar Paulus die natuurlike mens teenoor die geestelike mens kontrasteer.

Juis omdat die Korinthiërs, soos dit voorkom, hoofsaaklik op talespraak gefokus het, het Paulus hulle geleer om hulle veral toe te lê om die tale wat hulle spreek, uit te kan lê en dit is niks anders nie as om te profeteer - onder die salwing van die Heilige Gees want om hierdie rede maan Paulus terselfdertyd dat hulle moet BID sodat hulle die talespraak kan uitlê. Kyk gerus ook na 1 Kor. 14.18 en 19. Dit is dan ook `n gawe wat nie deur menslike wysheid of motivering in aksie gebring kan word nie.

Dit behoort tog baie duidelik te wees dat hierdie tale wat Paulus besit het, niks te make gehad het met Grieks, Aramees, Hebreeus, Latyn, Kopties, ensovoorts nie. Sou ons dit so interpreteer, met ander woorde dat Paulus bedoel het dat hy weltertale was, sou dit voorkom asof almal op gemeentelike vlak sommer so deurmekaar Grieks, Latyn, Aramees, ensovoorts, gepraat het. Dit sou voorwaar `n nagmerrie gewees het en met watter doel sou die Christene dan bymekaar gekom het? Sou hulle dan bymekaar gekom het om te spog met hulle besondere taalvermoë, of het die apostel inderdaad bedoel dat hulle nie net op die vreemde (engele) tale moes fokus as hulle bymekaar gekom het nie?

Daar is niks so sinloos as om selfs goddelike talespraak te oorspeel nie! Ek praat in vreemde tale omrede God talespraak ook as gawe vir my gegee het, maar ek weet alte goed dat ek in die gemeente nie kan aanhou met talespraak as daar nie ook `n uitleg kom nie. En as daar nie `n uitleg is nie (deur die Gees!) mag die uitleg nie geforseer word deur persoonlike ambisie en motivering nie. Dit is hier, weereens, waar 1 Kor. 2.13-15 ter sprake kom. En dit sal enigiemand wat met die Heilige Gees gedoop is, saam met my verklaar. Daar het ONGELUKKIG baie wanpraktyke op hierdie gebied plaasgevind maar wat sal dit ons help om op die negatiewe te wys? Feit is: die Pauliniese en apostoliese talespraak is “vreemde” tale of dan engeletale : 1 Kor. 14.2: “Want hy wat in `n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede”.

Die vermeteles wat graag leraars wil wees, noem talespraak sommer “`n gebrabbel” in plaas daarvan om te strewe na goddellike Geesvervulling sodat hulle inderdaad kan leer! Paulus het die wat nie `n duidelike klank gegee het nie – dit is om tale te spreek wat beslis as `n brabbeltaal beskou kan word – geleer! Hy het hulle natuurlik op die geestelike pad gewys wat die talespraak wesentlik sal raak, naamlik gebed en vaste was juis die onderbou van die vroegste gemeentes van Jesus Christus. Daar is jogi’s wat tale praat en selfs sangomas. God sal hierdie nabootsing bestraf! Ek kan baie hierop uitbrei maar ek sal dit daar laat. Ons kan egter nie die kind en die badwater uitgooi net omdat `n sataniese aanslag ook kan manifesteer nie. God roep ons om soos Petrus teen Simon die Towenaar op te tree deur die egte werking van Sy Gees (Hand. 8). Daar is dan soiets soos valse (demoniese) talespraak maar `n Geesvervulde en iemand wat naby God is – vir Hom lewe in gehoorsaamheid en getrouheid – sal dit onmiddellik kan onderskei. En het God ons nie geroep om Hom in Gees en Waarheid te soek sodat ons waaragtig met Sy Gees vervuld kan word nie? Wat het die tafel van die Here met die tafel van satan te make?

Die feit van die saak is dat, sodra ons met die geestesrealm te make het, MOET ons God in Gees en Waarheid soek! Net soos wat misleidende geeste oor die wêreld uitgegaan het om byvoorbeeld verkeerde insigte oor die Naam van Jesus, die doop en die nagmaal te vestig, so sal misleidende geeste die Kerk van Jesus Christus binnedring TENSY ons die Here in Waarheid dien! Dit is niks anders nie as New Age-manifestasie want soms word die egte en die onegte bymekaar gebring (dit is “blurring” en dit is demonies). Om hierdie rede salf God, benewens geleerdheid vanuit die wêreld, ook spesiale vate wat Sy Waarheid weer en weer onder die aandag van Sy volgelinge kan bring (dit is die ware Kerk van Jesus Christus tot vandag toe).

Die ware Kerk van Jesus sal gevolglik nie dit wat die apostels ontvang het, net tot daardie tyd beperk nie want dit het die afvallige Kerk inderdaad gedoen en gevolglik sit ons tot vandag toe met `n dooie vormgodsdiens wat net uit woorde bestaan. Baie het ook graag `n eier te lê oor die “Antichris” en die “verskriklike” 666 nommer wat op elke hand ingeplant sal word, maar waarom dink ons nie wie die boodskap van Jesus so kragteloos gemaak het en so kort ná die verdwyning van Jesus nie? (v. 2 Thes. 2 wat net te veel op vandag toepasbaar gemaak word). Met die gevolg dat die Leuen nog net so sterk in die Liggaam van Jesus ingebed is as kort na die vertrek van Paulus en sy toespraak by die Ouderlingsraad (Hand. 20.17+). En ASSEBLIEF! Hierdie betrokke gebeurtenis het sommer kort na Paulus se dood gerealiseer toe wrede wolwe op die Liggaam van Jesus met hulle valse leringe en Skrifverklaring toegesak het. Daarom: laat ons besin oor die “Eindtydperk” wat soms so uit verband geruk word so asof ons besig is om die Griekse mitologie `n Christelike aanslag te wil gee!

Paulus gee baie goeie raad aan die ware volgelinge van Jesus met betrekking tot die Krag-verloëners: “… mense wat `n gedaante van godsaligheid het (hulle evangelie bestaan net uit woorde) maar die Krag daarvan verloën het. KEER JOU OOK VAN HIERDIE MENSE AF!” (2 Tim. 3.5). As jy jouself nog enigsins wil red, wend jouself tot die Bybel en luister na God! Hoe kan iemand wat Bybelwaarheid afwys, ooit gereken word as `n ware gesalfde van God? Paulus het ook gedink dat hy die antwoord op die mensdom se vrae was, maar toe Jesus hom van sy kameel laat tuimel het op Damaskusweg, het hy `n totaal ander boodskap uitgedra tot aan die einde van sy pad!

 

Ester Blomerus

4 Augustus 2010

Net die volgende gedagtes ook :

1. Saam met Paulus verklaar ek : “Verhinder nie om in tale te spreek nie” (1 Kor. 14.39). Ek dank God vir die wonderlike werking van die Heilige Gees deur onder andere (!) die spreking in vreemde tale! Dat daar baie wanpraktyke plaasgevind het, is waar! Maar kom ons strewe nou na die waaragtige invulling met God se Gees. Kom ons stel onsself tot beskikking van Jesus en kom ons draai om (ons bekeer ons van ons ou weë en insigte) en ons wend ons tot die onvervalste melk, naamlik die rein Woord van God wat uit die mond van twee of drie getuies vas sal staan (Mat. 18.16).

2. Ons gaan nie in die dag van alle dae, by die wederkoms van Jesus, kan staatmaak op iemand wat ons geleer het asof so een ons hand in die Oordeelsdag sal vashou nie. Ons moet onsself tot die Here wend in volle oorgawe aan Hom sodat Hy ons verstand kan verlig om die Waaragtige te ken want elkeen wat bely dat Jesus Christus die Seun van God is, God bly in hom, en hy in God (1 Joh. 4.15).

3. Tradisionele belydenisse word dikwels Skrifverantwoordbaar gemaak/verklaar omrede dit steun op dit wat ná die verdwyning van die apostels as Waarheid verkondig was. Ons maak op dieselfde wyse kennis met goddellike genesing – iets wat dikwels afgekraak word, soos talespraak, omrede die tradisionele Kerk in die algemeen nie wil hou by die voorskrifte van God nie - daar kan nie fout wees met Jesus nie, die fout lê by die mens! - teenoor geloofsgenesing wat nie deur die bloed en die Naam van Jesus gaan nie.

4. Jesus het verklaar dat ons duiwels moet uitdryf! (Mar. 16). Wie op dees aarde doen dit nog sodat daar waaragtige resultate is? En, weereens, nie omdat dit verouderd is nie, maar omdat ons nie aan God se vereistes voldoen nie. Baie leraars is so aards dat hulle nie eens besef dat daar `n ernstige behoefte hieraan is nie en dan nie net aan berading nie. Waarom? Dit lê weereens by ons benadering tot ons wandel met Christus. Ons dien die Here soos wat daar aan ons voorgeskrywe word in plaas daarvan om God se raad en wil te vra en om Hom in Gees en Waarheid te aanbid (Joh. 4.24). Ons vas nie meer nie, ons bid ook nie soos wat die apostels van Jesus gebid en afgesonder het nie, ons leef nie meer vir die Here soos wat die wat hierdie werke in die verlede gehad het, die voorbeeld aan ons gestel het nie, en baie is ook nie bereid om die leuen af te lê nie (1 Joh. 4). En om hierdie rede is die Kerk van Jesus so dood! Ten spyte van al die geluide wat dit maak.

5. Om net te hamer op die gesproke woord vanaf die kansel, is net so goed as om jouself te wil bemark. Die Woord sonder Heilige Gees Krag gebring, lei net tot `n verskraalde vormgodsdiens en ons weet dat ons `n eeuelange geskiedenis van `n dooie Kerk en kerklike sisteem agter ons het! En wat was die uitwerking op opregte siele? Wie het hulle geestelik vermoor? As ons ten minste eerlik teenoor God en onsself wil wees sal ons met hierdie stelling saamstem. Hoeveel smag nie na genesing nie maar hulle kan dit nie kry nie omrede daar nie meer geglo word in Jesus se Heilige Gees-gawes wat Hy met so `n duur prys vir ons op Golgotha bewerk het nie? Uit ondervinding weet ekself dat die beste spesialiste soms faal in hulle diagnoses en hulle kan nie altyd die probleem raakvat nie.

6. Dis waarlikwaar so. Baie smag gevolglik na genesing maar hulle kry dit nie. Chemoterapie is soms net die vuis wat die kranke gouer na sy/haar dood toe neem! Operasies word uitgevoer wat onnodig was! Wie kan hiermee saamstem? Hoe dikwels kry ons “hopelose” gevalle waar die mediese wetenskap NIKS kan doen vir `n lydende persoon nie en behoort ons wat sê ons behoort aan Christus, ons dan nie des te meer by Christus wat die oplossing vir ons in Sy Woord vasgelê het, skaar nie? Baie het ook nie geld om derduisende rande/dollars aan mediese onkoste te bestee nie. Wie het alles? Om hierdie rede behoort ons saam te bid dat die Here die beloofde Heilige Gees beweging sal stuur. God se Liggaam het ook `n deeglike skoonmaakproses bitter nodig want waar die gawes van die Heilige Gees beoefen word, moet heiligmaking en gehoorsaamheid aan die Woord met mag en mening nagestrewe word!

7. Daar is per slot van sake NEGE GEESGAWES en nie net talespraak nie (1 Kor. 12). Maar as ons talespraak negeer, sal die ander gawes ook nie opereer nie want talespraak is `n kragtige gawe wat ek uit ondervinding weet die skanse van satan laat val – ook die pad op gemeentelike vlak oopmaak vir die ander gawes, soos profesie! Verwys weer na 1 Kor. 14.39: “Verhinder nie om in tale te spreek nie!” (Wie sou iemand aangemoedig het om in Grieks te praat as net Latyn verstaanbaar sou wees? Maak dit sin? En die gemeente was tog nie `n TEFL teaching class nie! Die apostel Paulus bedoel dan baie duidelik “vreemde”, naamlik onverstaanbare, verborge tale wat net deur die Gees van God uitgelê sal kan word teenoor “andere tale” uit die mensdom. Waarom is daar ook op hierdie gebied vergrype en teleurstelling? Omrede die Kerk van Jesus, weereens, nie die Bybelse pad volg nie!

8. Ons behoort dan baie goed op te let dat die wat so heftig teen talespraak uitgaan, geen geestelike krag het nie – behalwe miskien meditasie en meditasie hoort nie by `n kind van God nie. Praat maar eerder van oordenking of mymering of nabetragting want “meditasie” dra net te veel die konnotasie van gedagtekrag wat niks anders is as Oosterse praktyk nie. Terloops, ek gee julle hierdie getuienis: Ek het op `n stadium van my bediening te make gekry met `n spiritis wat swartkunste beoefen, wat siektes op mense lê en wat bitter pyn en lyding veroorsaak, selfs die dood. God het my, nadat ek Hom gesmeek het om my te hulp te kom met betrekking tot `n sekere geval waarmee ek te doene gekry het, in `n visioen ontmoet en my gewys om in tale te spreek. Ek het toe gesien hoe breek die goddellike talespraak die meditasielyne van hierdie goddelose man wat vir my in die kaliber van Simon die Towenaar was (Hand. 8). En ons het keer op keer oorwinning in Jesus Naam gekry!

Ek het ook vir `n vrou gebid wat gebind was deur die okkultisme. Bloedkanker was gediagnoseer.

Die Here het my een oggend toe ek haar besoek het en waar sy van die verskriklike pyn op die bank in haar sitkamer gesit en huil het, in die Gees van God getrek en ek het `n kragtige taal deurgeslaan. Dit het oor my lippe gevloei en terwyl ek tale gepraat het, het die Here my `n visioen gegee van hoe daar teen haar gemediteer word deur `n Oosterling. Ek kon sy wit kleed, die pers steen op sy hoofbedekking en die vuur waarby hy gesit het, in detail beskryf. Die gloed van die vuur was baie erg en ek kon dit letterlik in die visioen teen my lyf voel. Ek het `n hoop kiekies gesien wat hy by die vuur gebruik het en toe die talespraak so vloei oor my lippe, het ek gesien hoe die vuur uitgeblus word. Ek kon toe die altaar (soos ek dit wil noem) sien, die uitgebrande hout in die vorm van `n boeddistiese kruis. God het toe bevestig dat Hy die mag van satan uitblus. God openbaar natuurlik altyd wie dit doen en wie vir hierdie tipe “diens” betaal. Dit is in volle swang oor die wêreld en dit is tyd dat die Kerk van Jesus bemagtig moet word met die Geesgawes en met `n godvrugtige lewenswandel. Die apostels van Jesus het ook aanhoudende gebede opgestuur en God se Gees was wesentlik in hulle midde. Paulus verklaar dat Jesus gister, vandag en tot in ewigheid dieselfde is (Heb. 13.8).

9. Kan mens iets wat jy ervaar het ooit negeer? Ek het op `n stadium iets merkwaardigs gelees van `n Moslem Imam wat Jesus aanhoudend afgekraak het tydens een van sy aanbiedings. Sy gehoor was verslae van gees want hy was vlytig in spraak en in redenasie. Toe hy weer `n vraag vra oor Jesus, het `n seuntjie van ongeveer vyf jaar skielik vorentoe gestap. Hy was besig om `n lemoen te eet en het die leraar gekonfronteer met: “How can you know what this orange tastes like unless you have tasted it?” Hoor ons nie inderdaad die waarheid uit die mond van suigelinge en kinders nie? En moet ons nie juis kinderlik word alvorens God ons met Sy Geeskrag uit die Hoogte kan aandoen sodat Hy ons optimaal in Sy diens kan gebruik nie?

 

July 12th, 2010

We need a Saviour!

 

BEHOLD THE LAM OF GOD

 

 

 

 

WHO TAKES AWAY

 

 

 

 

THE SINS OF THE WORLD!

 

 

 

 

John 1.29

 

 

 

 

June 29th, 2010

COMMENTS : Articles & Podcasts

Comments : Articles & Podcasts


Please note that comments relevant to  articles/podcasts appearing on the website, may be forwarded to our email address. Appropriate, relevant comments will then be published here.  We, unfortunately, have to follow this path in order to  keep comments strictly within the parameters of our Christian website content but we can assure you that such comments, even the negative ones, will be published!    You may use a pseudonym.

June 24th, 2010

Evangelism : Perspectives

Evangelism  : Perspectives

On our Online Evangelisation: The work we are doing for the Lord in general  is an independent, non-profit ministry. This ministry was inspired and prompted by God’s Spirit and it goes as far back as 1957. Many examples of God’s Holy Spirit direction can be quoted. It is an End-Time ministry raised “for such a time as this” (Esther 4.14) and called in action by God for the preservation of sound doctrine and Gospel Truth and the faith that was once delivered unto the saints (Jude v3; 1 Tim. 1.10) :

Building -

FAITH in Jesus Christ as the risen Son of God and the active working within the assemblies of the precious Gifts of God’s Spirit so that Jesus Christ can once again be worshipped in Spirit and in Truth (John 4.24), also to counteract a superficial approach to the Gifts through sound teaching.

FAITH in Jesus who came to deliver man from the clutches of satan (Acts 10.38) but moving away from obsessive spiritual warfare, rather focusing on Jesus who wrought complete victory for us, and who has promised to equip His own with the Power and authority God the Father had vested in His New Testament Name (Phil. 2; Co. 3.17; Eph. 1.20+). Therefore to focus on God’s restorative Holy Spirit Power rather than bringing honour to satan and his works.

FAITH in the Word of God and Gospel Truth that was delivered by Jesus to His Apostles (1 Tim. 1.18; 1 Tim. 4; 2 Tim. 4) and focusing on the anointed Word so that spiritual decay can be counteracted and spiritual maturity pursued through sound Biblical teaching.

FAITH in Jesus Christ and brought to all according to the Scriptures as the One who is the same yesterday, today and forevermore (Heb. 13.8). Also doing everything in the Name of Jesus to the glory of God, the Father (Col. 3.17).

Assisting - GOD’S PEOPLE to understand the fullness of New Testament spiritual restoration (Acts 2; Acts 5; Acts 10; Acts 19).

TO RESTORE the ministries of those who are desirous to serve the flock of God in the power of the resurrection, and to also inspire God’s People to cultivate a dedicated prayer life so that the Christian gatherings can regain its former Holy Spirit endowment, especially instilling an awareness of God’s will and desire for His own, i.e. to return wholeheartedly to their first love for Jesus (Rev. 3.3).

TO PROMOTE the message of the Power of the Cross and the Crucified Jesus among God’s people and to deliberately inspire God’s flock to welcome Jesus back in the assemblies as Head of the Church, making room for His interaction through the Holy Spirit Gifts, restoring the prophetic Word in the assemblies (Rev. 19.10), along with the Gift of speaking in tongues, in the Christian gatherings (1 Cor. 14.39), and to proactively promote participation of those who attend the Christian gatherings according to 1 Cor. 14.26.

TO INSPIRE Christians to participate in the confession of sins so that God can once again send a refreshing of His Holy Spirit Power. In 1997 the Lord said to Ester in a vision: “Go into the Churches and tell them to bring back the Holy Spirit into the assemblies and permit the revelation of sin within the assemblies….. then I shall bless you.” The Lord also declared that should the pastors refuse to co-operate, then He will raise unto himself pastors who will be obedient to God’s Word.

TO ENCOURAGE the lukewarm and  especially those Christians who have backslidden to return wholeheartedly to the Lord and to submit to the prescriptions of the Word of God as Jesus came to save sinners (Paul).

Directing -

THE CHRISTIANS : Creating awareness in the hearts and minds of those who love the Lord Jesus and who welcome the restoration of the Gifts of the Holy Spirit in the assemblies, inspiring them to ready themselves for the imminent return of Jesus Christ on the clouds of heaven, also directing them back to the core Biblical message, namely to respect and uphold the foundational Truths contained in God’s Word regardless of severe criticism that will progressively intensify as we approach the day of Jesus’ return. The Lord prophesied through Arie Blomerus (1910-1997) : “The time is fast approaching when they will openly curse Jesus!” 

THE JEWS : Back to their roots, namely faith in their Messiah, their Great Deliverer of Ancient days, who will restore them to their former glory and who will prove Himself in their midst,as the One of whom the Prophets have spoken (Ex. 23.20+; Zech. 13; Dan. 12.1) and to focus sharply on the End-time Prophetic Word concerning them as a nation, i.e. their End-time victory

TO TRAIN AND EQUIP : End-time Disciples of Jesus to gain a sound understanding of the Scriptures so that they can brace themselves for the challenges of this crucial phase in Christianity, whilst simultaneously focusing on “opening the eyes of the blind”, i.e. those whom God are sending their way.

ALSOTO ENABLE those who are actively bringing the Word of Lord, to do so without hindrance so that their ministries can go as wide as possible.

TO APPOINT efficient people to help with the translation of literature, editing, proofreading, etcetera, so that God’s work can be performed effectively and without unnecessary delay.

________________________________________________

GOALS AND OBJECTIVES -

Our website and evangelism operate on the principle of giving freely and doing it wholeheartedly for Jesus Christ our precious Lord and Saviour. Our  goals and objectives mainly entail :

(1) Evangelizing people from all faiths and levels of society, instilling faith in the risen Jesus and in His Gospel Truth, helping them to grow spiritually,  to regain the active working of the Holy Spirit in their lives and to once again embrace the first-century faith planted by the Apostles of Jesus  (i.e. the orthodox Christian faith before it was  diluted by apostasy).  The Lord specifically, in a vision, instructed Ester “To go and evangelize…”, and as stated in a Messiah of the Jews article,  with a special message for the Jews.

The apostles of  Jesus (first century Church) were also evangelists as they established the faith Jesus had delivered to them in many countries and  of course to those who had not known Jesus of Nazareth.   However, today there is a new approach emerging in the West, namely to also evangelize (to bring the Gospel) among those who are laying claim to  the New Testament and its Gospel Truth. 

Among the millions who are today glibly laying claim  to  “Christendom” , there are many who have  either lost the essence of Christianity or they have never had an inkling of who Jesus really is.  Many clearly don’t walk the way Jesus has paved for those who are called by His Name and many have  therefore opted for apostate ideas and doctrines.  The large conglomerate portrayed as the  ”Body of Jesus”, and especially pertaining to the Charismatics and the Pentecostals, has to a very large extent  progressively changed into a “money-making machine” and many pastors have opted for a luxurious lifestyle, driving their large empires on affluence gained from the message of the Cross. Many laying claim to the active working of the  Holy Spirit, have also completely lost touch with God and His Throne! Many Pentecostals have clearly become enmeshed with the spirit of this world and they are therefore eager to return to pre-Pentecostal values, namely to banish the active presence of the Gifts of the Holy Spirit from the assemblies,   rather opting for the popular traditional approach. And instead of applying their knowledge to the glory of God, many of the spiritual leadership are currently happy to conform to a lukewarm, diluted faith. Those who are awaiting the return of Jesus are in dire need of a Holy Spirit refreshing! Are you one of those?

We are  living in the electronic, technological age and we therefore want to make good use of podcast sermons and of course written articles published on our web site. Where we don’t  want to degrade people, unnecessarily criticizing them, we can also not neglect our divine duty, namely  to “fight for the Gospel that was once delivered to the saints” (Jude v3).

Clerical systems and dogmatic issues will therefore naturally be addressed from time to time as any Gospel standing for Truth rightly will do but we want to do all in our power to steer away from estranging the true believers from one another through petty argumentation on especially doctrinal Godhead issues.   We would rather like, at this point in time, to focus sharply on the reality of a risen Lord and Him being preached as Jesus Christ, Son of God, Saviour of the world.   Everything then in and through Him, and of course always bringing glory to God the Father in and through our Precious Lord and mighty Redeemer.

We are today experiencing the  ”anything goes” Gospel, however, we Christians know all too well that there was a standard raised for believers in the Word of God and this then is our main objective :   To honour God and His Word and to remain faithful to Him who has bought us with His precious blood. We therefore invite this type of like-minded follower of Jesus to participate in our effort, namely to unite as one Body in Christ at these End-times in and through the Power of the Holy Spirit.

 

 

 

____________________